Verdere vertragings met verslae oor Bank of Lisbon-brand

Die DA in Gauteng sê drie brandbestryders het in September 2018 gesterf in die brand in die Bank of Lisbon se gebou in Johannesburg, maar daar is nog verdere vertragings met die bekendmaking van die bevindings van vier ondersoeke. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die premier, David Makhura, moet verskillende staatsinstellings verskeie ondersoeke uitvoer oor die brand.