Rugby: Gaping tussen Noord en Suid verklein

Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, glo die gaping tussen die noordelike en suidelike halfrond word kleiner nadat spanne van die noorde die afgelope naweek skoonskip gemaak het oor die vier Rugbykampioenskap-spanne. Die Springbokke het vir die eerste keer op eie bodem teen Wallis verloor en Ierland het die All Blacks in Dunedin ore aangesit. Engeland het Australië in Brisbane geklop en Skotland het in Salta die oorhand gekry oor Argentinië. Nienaber sê daar is baie min verskil tussen die voorste spanne.