Paratus wen weer teen Stad Windhoek

Die hooggeregshof het die appèl van Stad Windhoek teen Paratus van die hand gewys. Die Stad het in die hoërhof verloor na hy die stadspolisie ontplooi het om Paratus te verhoed om vesel-optiese kabels neer te lê om sy kliënte te diens. Paratus het sukses behaal met ‘n dringende aansoek waarteen die Stad geappelleer het. Die regters Theo Frank, Dave Smuts en Shafimana Ueitele het hul sterk teen die stad se gedrag uitgespreek en dit as ‘n magsvertoning en betreurenswaardig beskryf. Die hof se beslissing sluit ‘n kostebevel in die guns van Paratus in.