One SA sê Ramaphosa moet in Britse premier se voetspore volg

Die leier van die One South Africa-beweging, Mmusi Maimane, sê President Cyril Ramaphosa behoort die Britse eerste minister, Boris Johnson, se voorbeeld te volg en onmiddellik gehoor te gee aan oproepe vir sy bedanking. Maimane sê Ramaphosa se bedanking sal bewys die regering is ernstig oor misdaadbestryding. Hy sê verkiesingswette moet gewysig word, aangesien Suid-Afrikaners sukkel om Ramaphosa aanspreeklik te hou. Oproepe vir die President se bedanking neem toe ná die beweerde toesmeerdery van diefstal op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo.