Telecom poog om telefoongids weer op die been te bring

Die Tender Bulletin berig dat Telecom Namibia weer poog om die jaarlikse telefoongids op die been te bring. Die laaste gids is in 2019-2020 gedruk. Die jongste tender is vir die 2022-2023 en 2023-2024 uitgawes. Die sluitingsdatum was vir 5 Julie, aangeskuif vanaf 21 Junie. Braby’s Publishing en Black Elegance VIP het elkeen gebie. Braby’s het 30 persent kommissie vir elkeen van die publikasies gekwoteer […]

Read More

ANC moenie immigrasie gebruik om munt daaruit te slaan nie

Die organisasie African Diaspora Global Network doen ‘n beroep op Suid-Afrikaanse politici om nié die kwessie van immigrasie te gebruik om munt daaruit te slaan nie. Dit volg op talle oproepe tot die regering om teen onwettige immigrante op te tree. Die organisasie se voorsitter, Vusi Sibanda, het die regering gemaan om die kwessie van […]

Read More

Oorskot in tas in Nieu-Seeland: Familielid in Suid-Korea

’n Vrou wat vermoedelik ’n familielid is van die twee kinders wie se oorskot in tasse in Nieu-Seeland gevind is, is in Suid-Korea. Die Seoel-polisie het vanoggend dit bevestig. Die vrou, ‘n Koreaans-gebore Nieu-Seelander, het in 2018 in Suid-Korea aangekom en is steeds daar. Dit is nie onmiddellik bekend of haar adres bekend is aan […]

Read More

Tshwane wil hê mense moet steeds teen Covid spuit

Die Stad Tshwane moedig inwoners aan om steeds teen Covid-19 ingeënt te word en versterkdosisse te kry. ‘n Groot deel van die bevolking het nog nie eens een hiervan ontvang nie. In Tshwane kom 24-persent van die bevolking in aanmerking vir die inenting. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê onlangse neigings toon die aanvraag […]

Read More

Dwelms, selfone bly uitdaging in tronke

Plaaslike media berig dat daar 186 gevalle van selfone wat in tronke ingesmokkel is binne ‘n jaar aangemeld is. Vanaf April 2020 tot Maart 2021, is 110 selfone onwettig in gevangenisse ingesmokkel met 186 gevalle wat vanaf 2021 tot 2022 aangemeld is. In 2020-2021, was daar 73 insidente van dwelms wat ingesmokkel is. Die gevalle het […]

Read More

Numsa hoor die week van Arbeidshof

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa verwag hierdie week die uitspraak oor sy saak in die Arbeidshof in Johannesburg nadat dit vroeër voorbehou is. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê ‘n interdik is verlede maand teen die vakbond uitgereik ná sy nasionale kongres:

Read More

Imran Khan word vir terreur ondersoek

Pakistan se voormalige eerste minister, Imran Khan, word ondersoek nadat hy na bewering Saterdag tydens ‘n politieke toespraak dreigemente teen die polisie en regbank geuiter het. Volgens internasionale nuusagentskappe beskuldig die oud-krieketspeler wat politikus geword het, owerhede daarvan dat hulle sy assistent, wat self weens klagtes van opstokery aangehou word, geteister het. Hy beskuldig ook Islamabad se polisiehoof en […]

Read More

Bagnaia vat hom weer

Die Ducati-ryer, Francesco Bagnaia, het sy derde agtereenvolgende MotoGP-wedren by die Oostenrykse Grand Prix opgeraap en slegs die tweede Italianer geword wat drie agtereenvolgende wedrenne kon inpalm. Die kampioenskap se voorloper, Fabio Quartararo van Yamaha, was tweede en Jack Miller van Ducati derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder was sewende vir KTM. Binder het die seisoen […]

Read More

Mense kom voor wins – Giwusa

Die algemene nywerheidswerkersvakbond, Giwusa, sê terwyl die armes in Suid-Afrika armer word en die middelklas swaarkry, word die rykes net ryker. Die vakbond gaan Woensdag by Cosatu en die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, aansluit in ‘n nasionale staking teen die stygende lewenskoste, brandstofpryse en beurtkrag. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ekonomie moet […]

Read More

Reaksie op LPM se ‘sabotasie’ van Heldedag

‘n Politieke kommentator het gereageer op die Namibiese inligtingsministerie wat die beweerde sabotasie van Vrydag se Heldedag-vieringe op Mariental deur die Hardap-streeksraad betreur. Volgens ‘n mediaverklaring het die Hardap-streeksraad amptenare daarvan weerhou om op komitees te dien wat Heldedag-vieringe koördineer. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Audrin Mathe, sê die feesvieringe sal Vrydag op die […]

Read More