Telecom poog om telefoongids weer op die been te bring

Die Tender Bulletin berig dat Telecom Namibia weer poog om die jaarlikse telefoongids op die been te bring. Die laaste gids is in 2019-2020 gedruk. Die jongste tender is vir die 2022-2023 en 2023-2024 uitgawes. Die sluitingsdatum was vir 5 Julie, aangeskuif vanaf 21 Junie. Braby’s Publishing en Black Elegance VIP het elkeen gebie. Braby’s het 30 persent kommissie vir elkeen van die publikasies gekwoteer terwyl Black Elegance 40 persent en 50 persent vir die twee gekwoteer. Die sentrale verkrygingsraad het verlede jaar twee van die tenders gekanselleer. Een sou vir vyf jaar geldig gewees het en sou ongeveer 175 miljoen Namibiese dollar gekos het.