NSFAF hoor vandag oor sy appèl 

Daar word verwag dat regter Herman Oosthuizen vandag uitspraak sal lewer in die appèl van die Namibiese studente-hulpfonds teen die hof se beslissing dat hy sy voormalige hoof Hilya Nghiwete weer moet aanstel. In sy stukke sê die fonds dat Nghiwete die vertroue verbreek het wat aan haar as die fondshoof gegee is. Die kantoor van die arbeidskommissaris het beveel dat Nghiwete heraangestel word […]

Read More

Staatskaping sal Inkomstediens raak

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, sê die skade van staatskaping is ‘n werklikheid en diegene wat dit ontken, is óf ook skuldig daaraan óf beveg pogings om dit te hanteer. Hy het by die bekendstelling van die Ahmed Kathrada-uitstalling by Konstitusieheuwel in Johannesburg gepraat. Die geleentheid is ter herdenking van die oorlede anti-apartheidsaktivis […]

Read More

Dos Santos lê vandag en môre in staatsie

Die oorskot van die ontslape Angolese leier, Jose Eduardo Dos Santos het oor die naweek, na ‘n lang regsgeding, in Luanda, Angola aangekom. Hy is op 8 Julie in Barcelona op die ouderdom van 79 oorlede. Daar was ‘n nadoodse ondersoek geloods na berigte dat hy nie aan natuurlike oorsake dood is nie maar, ‘n […]

Read More

Whk-Harare vlug word verwelkom

Die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, Tasa, verwelkom die beplande vlugroete tussen Zimbabwe en Namibië. Die Zimbabwiese nasionale lugdiens Air Zimbabwe beplan om vlugte tussen Harare en Windhoek te begin om voordeel te trek uit ‘n gaping in die mark wat deur die val van Air Namibia gelaat is. Volgens berigte het Air Zimbabwe vroeg […]

Read More

Nampol-vergadering op Otjimbingwe was ‘n sukses

Die vergadering tussen die Namibiese polisie en die boere in die omgewing van Otjimbingwe in die Erongo-streek word as ‘n sukses beskryf. Werkloosheid is geïdentifiseer as ‘n bydraende faktor tot die toenemende gevalle van veediefstal in die gebied. Boere in die omliggende gebiede van Otjimbingwe is ontevrede met die feit dat die polisiestasie in die […]

Read More

Amushelelo en kie hoor vandag oor appèl

Hoërhofregter Christie Liebenberg sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die appèlsaak teen die weiering van borg vir Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma in die Katutura-landdroshof. Liebenberg het saam met regter Boas Usiku die aansoek op 29 Julie aangehoor. Die staat staan die aansoek teen. Die twee, wat redelike ernstige klagtes in die gesig staar na amok by verskeie werksplekke en Chinatown in die hoofstad, is in aanhouding […]

Read More

Nog kommentaar oor Amupanda se Jamaika-ekspedisie

Een van Namibië se bekende mediapersoonlikhede, Gwen Lister, het haar mening uitgespreek oor stadsraadslede wat oorsese reise onderneem. Lister het op haar Twitter-blad geskryf dat Windhoekse stadsraadslede nie om valse redes na die buiteland moet reis nie. Hulle moet dinge regmaak by die huis waar inwoners nóg ‘n elektrisiteitstarief-verhoging in die gesig staar en die […]

Read More

Putin-bondgenoot se dogter dood in bomaanval

Die dogter van ‘n groot bondgenoot van die Russiese president, Vladimir Putin, is in ‘n vermoedelike motorbomaanval dood. Die 29-jarige Darya Dugina, is die dogter van die Russiese politieke kommentator, Alexander Dugin, en is dood toe ‘n Toyota Land Cruiser wat sy bestuur het deur ‘n kragtige ontploffing buite Moskou vernietig is. Ondersoekbeamptes meen die bomaanval was moontlik vooraf beplan en dalk vir […]

Read More

SAKP sê ANC is nie bevoeg om werkloosheid aan te spreek nie

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se hoofsekretaris, Solly Mapaila, het die ANC-regering gekritiseer omdat hy nie die ekonomiese en werkloosheidskrisis kan oplos nie. Hy het gister by die Johannesburgse stadsaal die intreerede gelewer by die jaarlikse gedenklesing van die vryheidsvegter, wyle Ruth First. Mapaila sê sakebehoeftes kan nie bo die algemene publiek se belange geplaas word […]

Read More

Swapo besluit tussen 24-28 November oor nuwe leierskap

Die sentrale komitee van Swapo het oor die naweek bymekaar gekom. Die geleentheid, wat ook deur party-president Hage Geingob bygewoon is, het beslis dat die allerbelangrike kongres van 24 tot 28 November sal plaasvind. Alle oë is op dié byeenkoms omdat die kandidate vir die party verkies sal word en die party se president of […]

Read More