Mense kom voor wins – Giwusa

Die algemene nywerheidswerkersvakbond, Giwusa, sê terwyl die armes in Suid-Afrika armer word en die middelklas swaarkry, word die rykes net ryker. Die vakbond gaan Woensdag by Cosatu en die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, aansluit in ‘n nasionale staking teen die stygende lewenskoste, brandstofpryse en beurtkrag. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ekonomie moet mense se behoeftes bo wins stel: