Dwelms, selfone bly uitdaging in tronke

Plaaslike media berig dat daar 186 gevalle van selfone wat in tronke ingesmokkel is binne ‘n jaar aangemeld is. Vanaf April 2020 tot Maart 2021, is 110 selfone onwettig in gevangenisse ingesmokkel met 186 gevalle wat vanaf 2021 tot 2022 aangemeld is. In 2020-2021, was daar 73 insidente van dwelms wat ingesmokkel is. Die gevalle het effe in 2021-2022 gedaal na 69 toe. Owerhede by Korrektiewe Dienste sê die gevalle is hoog omdat ondersoeke verskerp is. Daar was onlangs berigte dat sommige gevangenes hulself as uiters belangrik ag en dit regkry om beamptes te beïnvloed. Die Fishrot-verdagtes is by die groep ingesluit.