Bagnaia vat hom weer

Die Ducati-ryer, Francesco Bagnaia, het sy derde agtereenvolgende MotoGP-wedren by die Oostenrykse Grand Prix opgeraap en slegs die tweede Italianer geword wat drie agtereenvolgende wedrenne kon inpalm. Die kampioenskap se voorloper, Fabio Quartararo van Yamaha, was tweede en Jack Miller van Ducati derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder was sewende vir KTM. Binder het die seisoen nog net een keer op die podium verskyn toe hy tweede gekom het by die seisoen se eerste wedren, die Katar MotoGP. Bagnaia sê hy is tevrede met sy vertoning: