Reaksie op LPM se ‘sabotasie’ van Heldedag

‘n Politieke kommentator het gereageer op die Namibiese inligtingsministerie wat die beweerde sabotasie van Vrydag se Heldedag-vieringe op Mariental deur die Hardap-streeksraad betreur. Volgens ‘n mediaverklaring het die Hardap-streeksraad amptenare daarvan weerhou om op komitees te dien wat Heldedag-vieringe koördineer. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Audrin Mathe, sê die feesvieringe sal Vrydag op die Mariental-sportsvelde voortgaan met of sonder die Hardap-streeksraad. Die amptelike herdenking vind vanjaar op Mariental plaas. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van die plaaslike politieke kenner oor die aangeleentheid aangevra.