Oorskot in tas in Nieu-Seeland: Familielid in Suid-Korea

’n Vrou wat vermoedelik ’n familielid is van die twee kinders wie se oorskot in tasse in Nieu-Seeland gevind is, is in Suid-Korea. Die Seoel-polisie het vanoggend dit bevestig. Die vrou, ‘n Koreaans-gebore Nieu-Seelander, het in 2018 in Suid-Korea aangekom en is steeds daar. Dit is nie onmiddellik bekend of haar adres bekend is aan owerhede nie. Die Nieu-Seelandse polisie het bevestiging versoek of die persoon wat moontlik verband hou met ‘n misdaadsaak in Suid-Korea is. Sy kan blykbaar die twee kinders se ma wees. Die Nieu-Seelandse polisie het vandeesmaand ‘n moordondersoek in Auckland van stapel gestuur nadat die oorskot van die kinders gevind is deur ‘n gesin wat die inhoud van ‘n kamer by ‘n bergingsfasiliteit op ‘n veiling aanlyn gekoop het.