23% van Engelse families is enkel-ouer-huishoudings

Dit is nie net plaaslik wat enkel-ouer families uitdagings het nie. Die kommissaris van kinders in Engeland Rachel de Souza sê 23 persent van die families in Engeland het net een ouer, wat baie hoër is as die 13 persent wat in die EU voorkom. Verder word 44 persent van kinders wat vanaf 2000 gebore is, op een of ander stadium in ‘n enkel-ouer huis groot. Familie en vriende raak al hoe belangriker meen sy, en die regering moet dit in ag neem met sy beleid.