WGO verklaar hoogste ramptoestand in Pakistan

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die oorstromings in Pakistan as ‘n graad drie-noodsituasie geklassifiseer, wat die hoogste vlak is. Die hewige moesson het reeds meer as ‘n 1 000 lewens geëis. Sowat 888 gesondheidsfasiliteite is beskadig wat miljoene mense sonder toegang tot gesondheidsdienste en mediese behandeling laat. Die WGO het 172 miljoen Namibiese dollar uit sy noodfonds beskikbaar gestel om beseerdes te behandel, voorrade aan gesondheidsfasiliteite te lewer en te voorkom dat aansteeklike siektes versprei.