Serena speel môre in die derde ronde van die Amerikaanse Ope

Die veertigjarige plaaslike speler, Serena Williams, speel môre teen die Australiër, Ajla Tomljanovic, in die derde ronde van die Amerikaanse Ope. Die Amerikaner, wat vroeër aangekondig het die toernooi sal haar swanesang wees, het die wêreld nommer twee, Anett Kontaveit van Estland, in die tweede ronde op ‘n stampvol Arthur Ashe-stadion in New York uitgeskakel. Die 23-malige Grand Slam-toernooiwenner sê sy is tevrede met haar huidige vorm: