Korporatiewe skuld stoot kredietverlening op

Die privaatsektor se kredietverlening het met 4 persent in Julie vanjaar gegroei, teenoor 3,4, persent wat in Junie aangeteken is. Huishoudings het 2,1 persent van die groei, teen 2 persent in Junie, verteenwoordig  met korporatiewe skuld wat met 6,5 persent gestyg het, teenoor 5,3 persent wat in Junie gemeet is. Volgens Simonis Storm in die hoofstad, is korporatiewe skuld aangedryf deur groter vraag in vervoer, mynwese, gesondheid en dienste. Die makelaarsfirma sê verder dat 2022 tot dusver die swakste jaar is vir huishoudelike skuld, maar die beste jaar is vir korporatiewe skuld. Vanaf Januarie, staan krediet verlening op 3,3 persent teenoor 2,4 persent wat in dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is.