SA-staatsamptenare vergader oor regering se salarisaanbod

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare sê hy sal met sy lede beraadslaag oor die regering se hersiene salarisaanbod van drie persent. Vakbonde het 21 dae tyd om die hersiene en finale aanbod te aanvaar of te verwerp. Die vakbonde wat meer as 1,3 miljoen staatsamptenare verteenwoordig, eis ‘n verhoging van 6,5 persent. Die vereniging sê alhoewel die basiese aanbod nie naby die inflasiekoers is nie, sal die voortgesette betaling van die kontanttoelaag broodnodige finansiële verligting bied.