SA se vervoerverbod op bees verder verleng

Die verlenging van die verbod op die vervoer van bees in Suid-Afrika, raak Namibië ook. Die Suid-Afrikaanse landbou-departement het die verbod op vervoer van beeste verder verleng in ‘n poging om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Elf nuwe gevalle van die siekte is in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Vrystaat aangemeld. Die plaaslike landbou-navorser Wallie Roux sê stoetboere sal nou geraak word.