FlyNamibia stel sy nuwe Windhoek-Walvisbaai-roete amptelik bekend

FlyNamibia het vandag sy nuwe vlugroete vanaf Eros-lughawe in Windhoek na die hawedorp Walvisbaai amptelik op die Walvisbaai Internasionale Lughawe bekend gestel. Fly Namibië gaan vanaf 28 Oktober sy vlerke na Walvisbaai sprei en volgens die uitvoerende hoof, André Compion gaan die vlugroete aansluit by die Kaapstadse vlugroete met hul onlangse vennootskap met Airlink. Die 14-sitplek Beechcraft 1900-vliegtuig sal weekliks op Maandae, Woensdae en Vrydag die roete tussen Windhoek en Walvisbaai vlieg.