Stem vir die Demokrate om aborsie-reg te beskerm – Biden

Amerikaanse President Joe Biden het ‘n beroep op kiesers in die VSA gedoen om vir kandidate van die Demokratiese Party in die tussenverkiesing in November te stem. Hy sê die party moet beheer hou van die Kongres om te verseker dat federale wetgewing wat toegang tot aborsie wettig, deurgevoer kan word.