Drie maande, N$1,1m se misdaad in Oshana

Kommissaris Naftal Sakaria, Nampol se bevelvoerder van die Oshana-streek sê inwoners van die streek is beroof van 1,1 miljoen Namibiese dollar tussen Junie en Augustus vanjaar met 75 sake wat geregistreer is. Dit sluit swendelary en diefstal by kitsbanke in. Veral kommerwekkend is dat talle gevang is met ‘n bedrogspul dat hulle betalings moet maak op pryse op te eis. Plaaslike media berig die voorvalle het op Oshakati, Ongwediva, en Ondangwa plaasgevind. Elf verdagtes is in verband met sommige van die sake in hegtenis geneem.