Kapofi se vermeende swendelaar vasgetrek, verskyn vandag

Die man wat daarvan verdink word dat hy die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, bedrieg het, verskyn vandag in die Windhoek-landdroshof. Die Namibiese polisie het bevestig dat die vermeende bedrieër Dinsdag by sy wegkruipplek in die Khomasdal-woonbuurt in Windhoek in hegtenis geneem is. Die verdagte is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van 200 000 Namibiese dollar wat verlede maand glo uit Kapofi se bankrekening gesteel is. Volgens Nampol het die polisie ‘n wenk van die publiek gekry waar die verdagte, oorspronklik van die Zambezi-streek hom bevind. Hy het glo deurentyd van een wegkruipplek na ‘n ander beweeg.