Bulle en Stormers pak Walliese rugbyspanne vandag

Rugby: Die Haaie het vergoed vir verlede naweek se treurige vertoning in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Cardiff deur die Ospreys Vrydagaand in Durban met 25-10 te klop. Die span het Sondag ‘n nederlaag van 35-0 gely. In vandag se wedstryde teen ander Walliese spanne het ondersteuners van die Oos-Kaap vanmiddag  ‘n kans om die Stormers […]

Read More

Onderwysminister en Khomas-goewerneur is terug op Swapo-lys

Die nuwe geverifieerde lys van vroue van die Swapo sentrale komitee, dui nie net die terugkeer van eerste  Saara Kuugongelwa-Amadhila aan nie. Ander hooggeplaastes wat hierdie lys gehaal het, is onderwysminister Anna Nghipondoka, Khomas-goewerneur Laura Mcleod-Katjirua, die adjunkminister van handel, Vera Sinimbo, en sakevrou Martha Namundjebo-Tilahun. Die lys van mans het hoofsaaklik onveranderd gebly. Die […]

Read More

SA breek vandag rekord vir 34 dae van deurlopende beurtkrag

Suid-Afrika bereik vandag ‘n nuwe rekord vir deurlopende beurtkrag. Dit is die 34ste agtereenvolgende dag met kragonderbrekings en oortref die vorige rekord van 33 dae tussen September en Oktober. Dit bring die totale aantal dae met beurtkrag dié jaar te staan op 176. Eskom het Vrydag die deurlopende instelling van fase-2-beurtkrag tot verdere kennisgewing aangekondig. […]

Read More

Tronkstraf vir voorhuwelikse seks en saambly in Indonesië

Indonesië se parlement sal na verwagting ‘n nuwe wet deurvoer wat ‘n jaar se tronkstraf oplê vir seks buite die huwelik. Saambly vir ongetroude pare word ook verbied. Die adjunk-minister van justisie, Edward Omar Sharif Hiariej, sê die wet sal na verwagting dié maand deurgevoer word. Dit sal van toepassing wees op beide Indonesiese burgers […]

Read More

Sokker: Ronde 16 begin vandag in Wêreldbekertoernooi in Katar

Sokker: Die ronde van 16 begin vandag by die Wêreldbekertoernooi in Katar. Eerste sal die 2010-finalis, Nederland, vir Amerika pak, en daarna kom die kampioen van 1978 en 1986, Argentinië, teen die Socceroos van Australië te staan. Môre is dit die verdedigende kampioen, Frankryk, teen Pole en Engeland teen Senegal. Intussen is daar steeds omstredenheid […]

Read More

Meer padongelukke, minder sterftes in Erongo-streek in 2022

Die Erongo-streek het ‘n toename van 15 ongelukke in 2022 tussen 1 Januarie en 27 November aangeteken, vergeleke met dieselfde tydperk in 2021. Dit kom neer op 295 ongelukke wat in 2022 aangeteken is vergeleke met die 280 ongelukke wat in 2021 aangeteken is. Intussen is ‘n effense afname van ses sterftes aangeteken in die […]

Read More

Action SA: Ramaphosa se stilte is oorverdowend

ActionSA sê die stilte van President Cyril Ramaphosa in die nadraai van die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala-Phala, het oorverdowend geword. Lerato Ngobeni van ActionSA sê Ramaphosa tree op soos ‘n beskuldigde wat sy regte uitoefen om hom nie te inkrimineer nie, terwyl hy terselfdertyd die interne oorwegings van die ANC voorop stel. Met […]

Read More

Oekraïnse ambassades in Europa ontvang nare verrassingspakkies

Pakkies wat diere-oë bevat is aan ses Oekraïnse ambassades in Europa gestuur. Die land se ministerie van buitelandse sake sê die bloedbevlekte pakkies is aangetref in Hongarye, Italië, Nederland, Pole, Kroasië en Oostenryk. Dis nog nie duidelik wie dit gestuur het nie. Dit volg kort nadat ‘n werknemer van die Oekraïnse ambassade in Madrid, Spanje, […]

Read More

Stad Windhoek hou Kersstraatmark

Stad Windhoek se Kersstraatmark is in volle swang in die hoofstad en duur nog tot môre. Die mark vind in die Zoopark in Onafhanklikheids-rylaan plaas. Verskillende produkte word uitgestal en die inwoners kan hul Kers-inkopies daar gaan doen. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte Lydia Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus verskeie munisipale dienste sal ook by […]

Read More

Eerste minister haal dié keer die nuwe Swapo-lys ná oortel van stemme

Die nuwe geverifieerde Swapo-lyste is vanoggend in Windhoek bekend gemaak nadat stemme vir die sentrale komitee se verkiesings oorgetel is na klagtes ontvang is na die uitslae Maandag bekendgemaak is. Uit die 783 stemme was daar 21 bedorwe stembriewe vir die vroulike kandidate en 25 vir die manlike kandidate. Die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa […]

Read More