Sokker: Ronde 16 begin vandag in Wêreldbekertoernooi in Katar

Sokker: Die ronde van 16 begin vandag by die Wêreldbekertoernooi in Katar. Eerste sal die 2010-finalis, Nederland, vir Amerika pak, en daarna kom die kampioen van 1978 en 1986, Argentinië, teen die Socceroos van Australië te staan. Môre is dit die verdedigende kampioen, Frankryk, teen Pole en Engeland teen Senegal. Intussen is daar steeds omstredenheid rondom Japan se tweede doel teen Spanje wat vir Duitsland uitgeskakel het. Die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Victor Gomes, het die doel toegeken nadat beeldmateriaal getoon het dat die bal se ronding nog oor die lyn was voordat Ao Tanaka dit in die doelhok ingeskop het.