Oekraïnse ambassades in Europa ontvang nare verrassingspakkies

Pakkies wat diere-oë bevat is aan ses Oekraïnse ambassades in Europa gestuur. Die land se ministerie van buitelandse sake sê die bloedbevlekte pakkies is aangetref in Hongarye, Italië, Nederland, Pole, Kroasië en Oostenryk. Dis nog nie duidelik wie dit gestuur het nie. Dit volg kort nadat ‘n werknemer van die Oekraïnse ambassade in Madrid, Spanje, gewond is in ‘n briefbom-ontploffing. Die ministerie sê in ‘n boodskap op Facebook die ingang tot die perseel van Oekraïne se ambassadeur in die Vatikaan is ook opsetlik beskadig.