Tronkstraf vir voorhuwelikse seks en saambly in Indonesië

Indonesië se parlement sal na verwagting ‘n nuwe wet deurvoer wat ‘n jaar se tronkstraf oplê vir seks buite die huwelik. Saambly vir ongetroude pare word ook verbied. Die adjunk-minister van justisie, Edward Omar Sharif Hiariej, sê die wet sal na verwagting dié maand deurgevoer word. Dit sal van toepassing wees op beide Indonesiese burgers en buitelanders. Sakegroepe het kommer uitgespreek oor die land se beeld as ‘n vakansie- en beleggingsbestemming. Die land, waar Islam in die meerderheid is, het reeds talle regulasies teen vroue, godsdiensminderhede en die LGBTQ+-gemeenskap.