Stad Windhoek hou Kersstraatmark

Stad Windhoek se Kersstraatmark is in volle swang in die hoofstad en duur nog tot môre. Die mark vind in die Zoopark in Onafhanklikheids-rylaan plaas. Verskillende produkte word uitgestal en die inwoners kan hul Kers-inkopies daar gaan doen. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte Lydia Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus verskeie munisipale dienste sal ook by die mark aangebied word.