Eerste minister haal dié keer die nuwe Swapo-lys ná oortel van stemme

Die nuwe geverifieerde Swapo-lyste is vanoggend in Windhoek bekend gemaak nadat stemme vir die sentrale komitee se verkiesings oorgetel is na klagtes ontvang is na die uitslae Maandag bekendgemaak is. Uit die 783 stemme was daar 21 bedorwe stembriewe vir die vroulike kandidate en 25 vir die manlike kandidate. Die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het opdrag gegee dat die stemme oorgetel moet word nadat talle hooggeplaastes nie die lys gemaak het nie. Dié keer het die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila die lys gehaal in die elfde plek. Die voorsittende beampte van die verkiesingskongres, Joshua Kaumbi, het vanoggend verskoning gemaak ook die foute wat gemaak is.