Meer padongelukke, minder sterftes in Erongo-streek in 2022

Die Erongo-streek het ‘n toename van 15 ongelukke in 2022 tussen 1 Januarie en 27 November aangeteken, vergeleke met dieselfde tydperk in 2021. Dit kom neer op 295 ongelukke wat in 2022 aangeteken is vergeleke met die 280 ongelukke wat in 2021 aangeteken is. Intussen is ‘n effense afname van ses sterftes aangeteken in die aantal padsterftes wat in 2022 van dieselfde tydperk voorgekom het, met 34 in 2022 uit die 40 sterftes wat in 2021 aangeteken is. Hierdie statistieke is verskaf deur Erongo-streek se polisiebevelvoerder, kommissaris Nikolaus Kupembona, tydens die amptelike bekendstelling van die feesseisoen se padveiligheidsveldtog vir die Erongo-streek.