Action SA: Ramaphosa se stilte is oorverdowend

ActionSA sê die stilte van President Cyril Ramaphosa in die nadraai van die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala-Phala, het oorverdowend geword. Lerato Ngobeni van ActionSA sê Ramaphosa tree op soos ‘n beskuldigde wat sy regte uitoefen om hom nie te inkrimineer nie, terwyl hy terselfdertyd die interne oorwegings van die ANC voorop stel. Met geen duidelikheid oor wanneer die president die nasie gaan toespreek nie, is Ngobeni bekommerd dat Suid-Afrikaners en die ekonomie nie in Ramaphosa se denke ter sprake is nie.