Bulle en Stormers pak Walliese rugbyspanne vandag

Rugby: Die Haaie het vergoed vir verlede naweek se treurige vertoning in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Cardiff deur die Ospreys Vrydagaand in Durban met 25-10 te klop. Die span het Sondag ‘n nederlaag van 35-0 gely. In vandag se wedstryde teen ander Walliese spanne het ondersteuners van die Oos-Kaap vanmiddag  ‘n kans om die Stormers in aksie te sien teen die Dragons in die Nelson Mandelabaai-stadion. Die Bulle pak Cardiff vanaand op Loftus Versfeld. Die laaste wedstryde van die negende ronde is môremiddag wanneer die Leeus teen die Scarlets in Johannesburg te staan kom.