Onderwysminister en Khomas-goewerneur is terug op Swapo-lys

Die nuwe geverifieerde lys van vroue van die Swapo sentrale komitee, dui nie net die terugkeer van eerste  Saara Kuugongelwa-Amadhila aan nie. Ander hooggeplaastes wat hierdie lys gehaal het, is onderwysminister Anna Nghipondoka, Khomas-goewerneur Laura Mcleod-Katjirua, die adjunkminister van handel, Vera Sinimbo, en sakevrou Martha Namundjebo-Tilahun. Die lys van mans het hoofsaaklik onveranderd gebly. Die nuwe geverifieerde lyste is vanoggend in Windhoek bekend gemaak nadat stemme vir die sentrale komitee se verkiesings oorgetel is. Dit volg na klagtes ontvang is oor die uitslae nadat talle hooggeplaastes soos die eerste minister nie die lys gehaal het nie.