Bosasa-likwidateur gewond, seun doodgeskiet

Die Johannesburgse polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord na die bekende likwidateur van Bosasa en Gupta-maatskappy, Cloete Murray en sy seun Tom geskiet is toe hulle Saterdag op die N1 in Midrand gery het. Tom Murray is op die toneel dood verklaar en sy pa is ná die aanval na die hospitaal […]

Read More

Minstens 14 mense dood in aardbewing in Ecuador

Minstens 14 mense is dood en 380 mense beseer in ‘n kragtige aardbewing van 6,8 op die Richterskaal wat die kusstreek van Ecuador en noordelike Peru getref het. Owerhede van Ecuador het gesê minstens 44 huise is in die El Oro-provinsie vernietig, terwyl nog 90 beskadig is. Ongeveer 50 skole en meer as 30 gesondheidsentrums […]

Read More

Romiley Hoffmann en Malan van den Berg dra nuwe Supranasionaal-krone

Romiley Hoffmann en Malan van den Berg is onderskeidelik as Namibië se Mejuffrou en Meneer Supranasionaal 2023 in Windhoek gekroon. Jean-Louis Knouwds van Kosmos 94.1, Namibië se eerste Meneer Supranasionaal, het sy leisels aan Malan oorgegee en Mej. Supranasionaal 2022, Julita Kitwe Mbangula, het vir Romiley gekroon.

Read More

Namibiese paaie besig, ongelukke aangemeld

Aangesien Namibië Onafhanklikheidsdag op Dinsdag 21 Maart in Outapi gaan vier, sal baie Namibiërs op die lang pad wees. Daar is ‘n skerp toename in verkeersvolumes landswyd en verskeie ongelukke is reeds aangemeld. Polisie-sigbaarheid is op die hoofpaaie verhoog om gebruikers aan te moedig om by verkeersreëls te hou en om padongelukke te verminder. Die […]

Read More

EFF gaan voort met nasionale stilstand

Die EFF gaan môre voort met die nasionale stilstand ondanks verskeie hofinterdikte of polisieteenwoordigheid. Die betoging is om protes aan te teken teen die huidige energiekrisis, voedselonsekerheid, die sukkelende ekonomie en vir President Cyril Ramaphosa om te bedank. Verskeie hooggeregshowe het beveel die stilstand mag voortgaan. Geen geweld, plundery of intimidasie sal egter toegelaat word […]

Read More

Biden, Zelensky sê Putin het oorlogsmisdade gepleeg

Amerikaanse President Joe Biden sê die Russiese President Vladimir Putin hét oorlogsmisdade gepleeg en daarom is die besluit van die Internasionale Strafhof om ‘n lasbrief vir sy in hegtenisneming uit te reik, geregverdig. In Kiëf het President Volodimir Zelensky ook die nuus verwelkom dat Putin nou as ‘n vermeende internasionale misdadiger beskou word. Rusland het […]

Read More

Rugby: Ierland verower vierde Sesnasies-titel

Rugby: Ierland het Engeland met 29-16 in Dublin geklop om sy vierde Sesnasies-titel te verower. Frankryk het vroeër vir Wallis met 41-28 geklop, terwyl Skotland ‘n oorwinning van 26-14 oor Italië op Murrayfield behaal het. Italië is vir die agste keer in die laaste plek.

Read More

Namibiese sakeman sê oor werkskepping

Werkloosheid in Namibië is uiters hoog, tesame met die inflasiekoerse en lewenskoste wat die hoogste inskiet. President Hage Geingob het tydens sy staatsrede gesê die regering beplan om byna 3 000 nuwe werksgeleenthede in die Namibiese polisie, gevangenisdienste en weermag te skep om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Bekende Namibiese sakeman, dr. Leake […]

Read More

Geen borgtog vir taxibestuurder wat glo leerder verkrag

Die 35-jarige taxibestuurder, Lorenzo Aludhilu, wat daarvan aangekla word dat hy ‘n agt-jarige meisie verkrag het, is borgtog in die Oshakati-landdroshof geweier. Aludhilu is gekontrakteer om die meisie daagliks skool toe en terug te vervoer, maar het glo op verskillende plekke gestop en die slagoffer in sy taxi tussen Ekuku en Ongwediva verkrag. Sy saak […]

Read More

Toyota-aanleg in Durban sal Maandag sluit

Die voertuigvervaardiger Toyota, sê sy perseel by die Prospecton-aanleg suid van Durban sal Maandag gesluit bly  weens die EFF se beplande nasionale protes. In ‘n verklaring beskryf die maatskappy die dag as ‘n nie-produksiedag. Toyota sê kommer oor die veiligheid van sy werknemers en die risiko van ontwrigting van sy produksie-ketting is bydraende faktore. Toyota […]

Read More