Spanning bou op tussen China en Taiwan

Taiwan het die jongste Chinese lugmag-oefeninge in die Straat van Taiwan veroordeel. Die land se ministerie van verdediging sê hy het nege Chinese vegvliegtuie en ‘n militêre hommeltuig opgemerk wat die nie-amptelike grens tussen die twee lande oorgesteek het. Spanning is besig om op te bou oor die moontlikheid dat die Taiwanse President Tsai Ing-wen met […]

Read More

Rugby: Stormers en Haaie seëvier in Kampioene-beker

Rugby: Die Stormers het ‘n oorwinning van 32-28 in hulle Kampioenebeker-kragmeting teen die Engelse klub Harlequins in Kaapstad behaal en sodoende hulle plek in die kwarteindronde van die kompetisie verseker. Die uitslag van vandag se wedstryd tussen Exeter Chiefs en Montpellier sal bepaal wie die Stormers se teenstanders die naweek gaan wees. Die Haaie het […]

Read More

Mynbousektor help ekonomie groei

‘n Ekonoom sê die Namibiese ekonomie groei, veral in die mynbousektor. Die Namibiese Statistieke- Agentskap se jongste verslag dui aan dat die geraamde grootte van die land se ekonomie, soos gemeet aan die nominale bruto binnelandse produk vir die jaar 2022, 206,2 miljard Namibiese dollar is. Dit dui op groei van 22,3 miljard dollar vergeleke […]

Read More

SA: Inflasie pootjie toename in salarisse

BankServAfrica se jongste Huis-toe-neem-salaris-aanwyser toon ‘n effense toename in Suid-Afrikaners se gemiddelde nominale salaris ná aftrekkings tot 15 186 Suid-Afrikaanse rand in Februarie. Ekonome het egter gewaarsku hierdie styging is steeds nie voldoende om die uitwerking van stygende verbruikers-inflasie teë te werk nie. Die verbetering is steeds 1,8 persent onder die vlak wat ‘n jaar […]

Read More

Rusland is president van VN Veiligheidsraad

Rusland het die roterende presidentskap van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oorgeneem, ondanks Oekraïne se pogings om dit te verhoed. Elk van die raad se 15 lede is vir ‘n maand president van die raad op ‘n roterende basis. Dit beteken dat die Veiligheidsraad tans gelei word deur ‘n land wie se President, Vladimir Putin, […]

Read More

Rugby: SWD Arende klop Welwitschias

Rugby: Die SWD Arende het die Windhoek Draught Welwitschias Saterdag in die Mzanzi-uitdaging op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad met 31-22 geklop. Die halftyd-telling was 28-10 in die guns van die Arende. Die Namibiese rugbyspan kom volgende Saterdag, ook in Windhoek, teen die Valke te staan.  

Read More

NamRA herinner belastingbetalers aan amnestieprogram

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se nuwe belasting-amnestieprogram sal belastingbetalers vanaf vandag tot 31 Oktober 2024 die kans gee om hul agterstallige skuld te betaal. Andersins word boetes en hoë rente in die gesig gestaar. Daar word berig dat die totale agterstallige belastingskuld aan NamRa meer as 69 miljard Namibiese dollar beloop, met die hersiene belasting-amnestieprogram […]

Read More

SA sakelui wil voordeel trek uit Brics-beraad

Suid-Afrikaanse sake-ondernemings wil graag die maksimum voordeel trek uit die land se posisie as voorsitter van die volgende Brics-spitsberaad. Die Suid-Afrikaanse tak van die Brics-besigheidsraad het ‘n indaba gereël om ‘n padkaart vir die land se voorsitterskap te ontwikkel. Die tak glo ‘n gemeenskaplike benadering moet tot voordeel van plaaslike ondernemings ontwikkel word. Die voorsitter, […]

Read More

Kanadese polisie vind nog liggame naby grens van VSA

Die polisie in Kanada het nog twee liggame naby die grens met Amerika gevind. Dit bring aantal mense wat die afgelope week dood is terwyl hulle probeer het om Amerika per boot oor die St. Lawrencerivier te bereik, op agt te staan. Ses liggame is Donderdag gevind. Volgens die polisie lyk dit of die slagoffers lede […]

Read More

Rugby: Blitsbokke deur na kwarteindronde in Hongkong

Rugby: Die Springbok-sewes het twee van hulle drie Groep-D-wedstryde in Hongkong gewen. Hulle het die toernooi met ‘n sege van 14-7 teen Ierland afgeskop en Kenia ook met 26-7 in hulle laaste groepwedstryd geklop. Maar Nieu-Seeland was weer te goed vir die Blitsbokke en die Kiwi’s het met 12-7 geseëvier. Hoewel die Suid-Afrikaners deur is […]

Read More