Bedryfshoofde vergader binnekort oor ekonomiese herlewing

Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid is die gasheer vir die Nasionale Korporatiewe Forum op Maandag 15 Mei in die hoofstad. Die forum vind plaas onder die tema “Harnessing the Power of Business to Advocate for Local Economic Growth”. Vanjaar se forum sal na verwagting ongeveer 100 bedryfshoofde, uitvoerende hoofde en verenigings-presidente van regoor alle sektore in die ekonomie bymekaar bring. ‘n Strategie sal geformuleer word in reaksie op die regering se beroep op die private sektor om leiding te neem in die land se ekonomiese herstel. Antonia Dumbu-Udeh van die kamer deel meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus…