Langverwagte Hartebeestloop-veiling vind vandag plaas

Die Hartebeestloop Bonsmara-veiling vind vanoggend om elf-uur op die plaas Hartebeestloop van die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Die veiling sal ook aanlyn wees met ‘n groot verskeidenheid van top-kwaliteit Bonsmara-bulle en vroulike diere. Briedenhann se seun Byron het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die voordele van gefokusde teling, veral as dit kom by horings.