SA sal verder ly as gevolg van ANC se oortreding van internasionale wette – DA

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Amerika se beskuldiging dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, is ‘n ysingwekkende en diep ontstellende bevestiging dat President Cyril Ramaphosa en sy regering aktief betrokke is by Moskou se oorlog in Oekraïne. Amerika se ambassadeur, Reuben Brigety, het gister dié bewerings gemaak. Die aankondiging het die rand skerp laat daal, bo 19 teen die Amerikaanse geldeenheid. Steenhuisen sê Ramaphosa het vir Suid-Afrikaners en die wêreld gelieg oor die land se betrokkenheid by die oorlog. Hy sê Suid-Afrika staar ernstige ekonomiese gevolge in die gesig as gevolg van hierdie skending van internasionale reg: