Avokadopere is op met 71,2%, maar mielies is af met 13%

‘n Ontleding van die jongste inflasiesyfers deur Simonis Storm dui aan dat die koste van ‘n avokadopeer met 71,2 persent in April gestyg het. Tweede is groen soetrissies wat 52,8 persent duurder geword het met komkommer op 44,7 persent. Aan die ander kant van die spektrum is mielies wat met amper 13 persent gedaal het, piesangs wat 7,8 persent goedkoper is en patats wat 4,1 persent goedkoper is. Die makelaarsfirma sê drank en tabak het die tweede grootste bydrae gemaak aan die 6,1 persent inflasiesyfer op 14,8 persent. Ten spyte daarvan dat brandstofpryse hoër is en verskeie ander uitdagings, glo Simonis Storm dat die groot bydrae as gevolg van sondebelasting is.