SA Presidensie: Alles is in orde met handel met die VSA

President Cyril Ramaphosa sê sy regering stel ondersoek in na Amerika se beskuldiging dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het vir die oorlog in Oekraïne. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, beweer die wapens en ammunisie is op ‘n Russiese skip gelaai wat in Desember by die vlootbasis in Simonstad, Kaapstad vasgemeer het. Ramaphosa het gevra dat die ondersoek na die vasmeer van die skip toegelaat moet word om afgehandel te word. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê handel tussen Suid-Afrika en die VSA is nie in gedrang nie: