SA gesondheidsminister kondig nuwe Covid-maatreëls aan

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla het verskeie maatreëls aangekondig om die verspreiding van die Omikron XBB een punt vyf subvariant te verhoed. Dit sluit in verskerpte waarneming en om versterkings-inentings vir mense ouer as 50 jaar te bevorder.  

Die minister sê ook Suid-Afrika is van die lande wat nie reisbeperkings ingestel het nie.