Roudiens vir 12 oorledenes van Temba-hospitaal gehou

‘n Roudiens is in die Boksburgse stadsaal gehou vir die 12 gesondheidsorgwerkers wat dood is toe ‘n gas-tenkwa op Oukersdag ontplof het. Die tenkwa het onder ‘n brug in ‘n woongebied naby die Tambo-gedenkhospitaal vasgesit, toe gas uitgelek en ontplof. Van die hospitaalpersoneel is tydens die ontploffing dood en ander het later aan hul beserings beswyk. Lede van die gemeenskap is ook dood, wat die dodetal op 38 te staan bring. Die Gautengse direkteur vir verpleegkundiges, Lowani Serongwa, sê die gesondheidsorgwerkers se dood is ‘n reuse-verlies vir die mediese beroep en die land.