Okahandja-groep gooi nie tou op

Inwoners van informele nedersettings by Okahandja hoop dat aandag in 2023 aan hul grondeise gegee sal word. Ná maande en maande se betogings en optogte na verskillende staatskantore en amptenare, hoop die groep dat vanjaar anders sal wees. Die groep het in Oktober 2022 ‘n vreedsame betoging in Windhoek gehad en wou ‘n petisie aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila oorhandig. Hulle het ‘n brief aan die Ombudsman se kantoor en die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië oorhandig. Hulle doen nou ‘n beroep op die regerende party om te help. Aktivis Sydney Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus die groep hou Sondag ‘n vergadering om die pad vorentoe te beplan.