Outa sê basta met e-tol-betalings

Die hoofbestuurder van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, Wayne Duvenage, sê motoriste in Gauteng moet hul geld spaar en ophou om e-tol-betalings te maak aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Duvenage sê daar is geen gevolge as mense nie e-tol-geld betaal nie. Hy voeg by die vertraging met die skrap van die e-tol-stelsel tot in die nuwe jaar deur die Gautengse regering is onaanvaarbaar.