Sukses met menslike optrede om osoonlaag te red

Menslike optrede om die osoonlaag te red, het gewerk soos wat gehoop is. Die osoonlaag kan binne dekades herstel, volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies. ‘n Internasionale ooreenkoms in 1987 om die gebruik van skadelike chemikalieë te staak, was suksesvol. Te midde van die groot kommer oor die agteruitgang van die osoonlaag in die 1980’s, het dit geleidelik verbeter vanweë die Montreal-protokol. Die internasionale ooreenkoms het die gebruik van chemikalieë soos chloorfluoor-koolstowwe wat as oplos- en verkoelingsmiddels gebruik word, te staak. Die Montreal-ooreenkoms is die suksesvolste omgewings-verdrag tot nou toe.