Harde werk lê voor in Nasionale Vergadering

‘n Namibiese politieke kenner hoop op ‘n produktiewe jaar in die Nasionale Vergadering wat weer op 14 Februarie heropen. Wat verlede jaar betref, is vanaf 6 September oor nege wetsontwerpe in die parlement gedebatteer, wat goedgekeur en na die Nasionale Raad vir hersiening verwys is. Altesaam 13 mosies is ter tafel gelê, waarvan drie aanvaar is, vyf is na komitees verwys, drie het verval en twee mosies is teruggetrek. ‘n Totaal van 158 vrae is sedert Februarie 2022 ingehandig, waarvan 85 beantwoord is. Aan die einde van 2022 het opposisiepartye uit die Nasionale Vergadering geloop en ‘n kworum kon nie bereik word nie. Politieke analis dr. Ndumba Kamwanyah sê daar lê harde werk voor in die parlement.