Gift of the Givers vies oor inbraak op Kaapse Vlakte

Die humanitêre hulporganisasie, Gift of the Givers, het die diefstal by sy kantore in Athlone op die Kaapse Vlakte as ontmoedigend bestempel en sê sulke dade is een van die redes waarom hulporganisasies nie meer mense op die Kaapse Vlakte wil help nie. Die projekbestuurder van Gift of the Givers, Ali Sablay sê sy organisasie moedig voortdurend die gemeenskap aan om saam te staan. Hy sê dit is nou dieselfde gemeenskap wat die polisie blameer vir misdaad, wie se familielede chaos saai in hul eie geledere deur diegene wat goeie werk doen, te besteel. Elf verdagtes is kort ná die diefstal deur ‘n wenk aan die polisie, aangekeer.