Oos-Kaapse toerisme staan weer op

Die Buffalo City-munisipaliteit in Oos-Kaap het een van die suksesvolste somers na die Covid-pandemie beleef. Dit dui op ʼn herstel in die toerismebedryf. Die stad het ongeveer 1 100 toerisme-ondernemings. Meer as 80 persent van hulle is klein en mikro-ondernemings. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê die sowat 8 000 beddens vir toeriste was gedurende die langnaweke meestal vol bespreek.