Kinders op Swakopmund gemaan om nie klippe na treine te gooi

Die Swakopmundse munisipaliteit het talle klagtes gekry oor kinders wat naby spoorlyne woon wat klippe na verbygaande treine gegooi het. Voorvalle soos hierdie is ‘n groot bekommernis vir die munisipaliteit, aangesien klipgooiery potensieel noodlottig is. Die skakelbeampte van die kusdorp, Linda Mupupa sê selfs ‘n klein klip wat na ‘n trein gegooi word wat teen ‘n hoë spoed ry, kan die lewens van die bestuurder en die passasier aan boord in gevaar stel. Treine vervoer gevaarlike goedere soos gas, brandstof en chemikalieë wat sterftes of ernstige skade kan veroorsaak. Mupupa sê aan Kosmos 94.1 Nuus klagte sal by Nampol aanhangig gemaak word.