Rusland en Oekraïne ruil gevangenes uit

Oekraïne het 63 Russiese soldate vrygelaat as deel van ‘n ooreenkoms wat die Verenigde Arabiese Emirate onderhandel het. Altesaam 116 Oekraïnse burgers is ook vrygelaat terwyl gevegte in die oostelike stad Bhakmoet voortwoed.  Die Russiese ministerie van verdediging sê  mense wat hy beskryf as “deel van  ‘n sensitiewe kategorie”, is ook by die ooreenkoms ingesluit. Volgens kundiges het dié kategorie in die verlede spioene ingesluit, asook burgerlikes wat oor sensitiewe inligting beskik. Die Emirate het noue bande met Moskou en steun nie Westerse sanksies teen Rusland nie.