SA Rugby gaan bloukaart-harsingskuddingstelsel instel

Rugby:  SA Rugby gaan binnekort ‘n bloukaart-harsingskuddingstelsel vir plaaslike wedstryde instel. ‘n Skeidsregter sal ‘n bloukaart aan ‘n speler wys as harsingskudding ná ‘n besering vermoed word en die speler moet dan die veld verlaat. Die geval moet op die SA Rugby-aanlyn bloukaart-portaal aangemeld word. Die maatreël is van toepassing op alle plaaslike toernooie, insluitend die Curriebeker, waar evaluering van kopbeserings nog nie geld nie.